Sjokoladekoek

Sjokoladekoek
Foto van 80 Cakes from Around the World deur Claire Clark

Foto van 80 Cakes from Around the World deur Claire Clark

Toe ek my Ier vir die eerste keer vir ete genooi het, was my slinkse Eva-plan om hom met die mees dekadentste sjokoladekoek tot in my binnekamer te verlei. Ek was holderstebolder-onderstebo verlief op hierdie sexy wese en moes ʼn halwe dag se verlof insit om die groot bak-gedoente sonder senuwees en met mening aan te pak.

ʼn Gewone laagkoek wou ek nie bak nie en het besluit op ʼn skewe-stapelkoek (topsy-turvy cake) om te wys hoe skeef en onderstebo-deurmekaar hy my hart en kop maak. Ek het ten duurste spesiale skewe-stapelkoekpanne en die beste sjokolade aangeskaf en op die maat van Ricky Martin se “She Bangs” en ʼn glasie koue sjampanje in die hand het ek die amper onmoontlike skewekoek aangepak. Wat die volgende paar uur gebeur het, kan ek net met een woord opsom: Tragedie! Om ʼn lang storie kort te maak – teen ses uur die aand het ek gelyk soos ʼn sjokolade bedekte, verlepte en tranerige lappop en die koek moes reguit ashoop toe.

Ek moes noodgedwonge ʼn wit leuentjie vertel en het vir Rick per SMS laat weet ek voel nie lekker nie. ʼn Vrou het mos haar trots en dit was mos waar. Twee weke later het ek weer ʼn paar ander nie-koek Jesebel-taktieke ingespan en drie maande later was ek tog voor die kansel met die sexy Ier.

80 Cakes from Around the World deur Claire Clark, word uitgegee deur  Bloomsbury en kos R505.00

80 Cakes from Around the World deur Claire Clark, word uitgegee deur Bloomsbury en kos R505.00

80 Cakes from around the world deur Claire Clark
Na die sjokoladekoek-fiasko wou ek nie weer ʼn sjokoladekoek in my lewe bak nie…tot ek onlangs 80 Cakes from around the world oopmaak en al die beeldskone koeke sien. Die boek is ʼn lieflike skatkis van avontuurlustige bakgenot. Clark verken 80 koeke van 51 lande en gaan maak swierige draaie in: Italië met ʼn Torte Gianduja, Hongarye met ʼn beeldskone Dobos Torte, Indië met die interessante Bebinca, Noorweë met ʼn Kransekake, Mexiko met die soete Tres Leches, Chili met ʼn Mil Hojas en so meer. Ek het die meeste van die koeke nie herken nie, maar die boek is meesterlik geskryf, het pragtige foto’s en gee ʼn kort en interessante geskiedenis van elke koek. 80 Cakes from around the world is ʼn inspirerende kroonjuweel en as jy lief is vir bak beveel ek dit ten sterkste aan.

Baileys sjokolade-aartappelkoek
(Resep uit 80 Cakes from Around the World deur Claire Clark)
18 cm skewe stapelkoekpan
50g donker sjokolade (70 %), fyn opgekap
115g ongesoute botter
200g strooisuiker
2 medium eiers
½ teelepel vanielje essens
100g gaar aartappels, fyn gemaak
110g meelblom
½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel koeksoda
¼ teelepel sout
120ml karringmelk
25g donker sjokolade-splinters

Sjokolade ganache
150g donker sjokolade (70 %), fyn opgekap
150ml dik room
25ml Baileys Irish Cream

Sjokolade glaseersel
6 velle gelatine
120g kakaopoeier
150ml water
250ml dik room
400g strooisuiker
Baileys room
150ml dik room
30ml Baileys Irish Cream
ʼn paar druppels vanielje essens

Versiering
300g gemengde vars bessies

Voorverhit die oond tot 170 ° C. Smeer ‘n 18 cm skewe stapelkoekpan (‘topsy-turvy cake tin’). Sien foto of jy kan ‘n 20cm ronde diep koekpan gebruik. Voer die bodem van die pan met bakpapier uit en botter en meel die kante. Smelt die sjokolade in ‘n mikrogolfoond of in ‘n bak oor kookwater. Maak seker die water raak nie die onderkant van die bak nie. Klop die botter en suiker saam tot lig en donsig. Klits die eiers en die vanielje liggies saam en klop dit dan bietjie vir bietjie by die botter en suikermengsel. Klop goed ná elke byvoeging. Voeg die gesmelte sjokolade by en meng liggies tot gemeng. Roer die aartappels liggies by. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en vou dit dan om die beurt met die karringmelk by. Vou die sjokolade-splinters by en skep in die koekpan. Maak die bokant gelyk met ʼn potlekker. Bak vir 25-30 minute tot gaar. Koel die koek vir 5 minute in die koekpan af voordat jy dit op ʼn draadrak uitkeer om heeltemal af te koel.Ganache: Sit die sjokolade in ‘n klein bakkie. Bring die room tot kookpunt en giet oor die sjokolade. Laat staan vir 1 minuut. Roer liggies om ‘n gladde, blink ganache te vorm. Meng die Baileys by en sit eenkant om teen kamertemperatuur af te koel.
Sjokolade glaseersel: Week die gelatien vir ongeveer vyf minute in genoeg koue water tot sag. Sif die kakao poeier in ‘n bak en roer die water by om ‘n gladde, dik pasta te vorm. Bring die room en suiker in ʼn pan tot kookpunt, roer tot die suiker opgelos is. Verwyder van die hitte en roer die kakao-pasta

2 Responses »

  1. can we get an English version of the cake email ?? I love your website and recipes but cant understand this one
    happy sunday regards
    Paula

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

* Copy This Password *

* Type Or Paste Password Here *