Tag Archives: biltong

koedoebiltong + bessies + laventel

koedoebiltong + bessies + laventel

Koedoebiltong- en bessieslaai met laventel en balsamiese reduksie

Probeer hierdie heerlike en maklike slaai. Bessies is nou in seisoen en wildsvleis en bessies is uitstekende pasmaats. Ek het bietjie feta bygevoeg vir daardie ekstra soutigheid … saam met balsamiese reduksie en ‘n paar klein laventelblommetjies is dit een van my 2017 koshoogtepunte. Moet nie dink dit is te volksvreemd nie – probeer asseblief. As jy ‘n happie van als saam vat swem die outjies vlinderslag oor jou tong en kry dit ‘n baie tevrede lêplekkie in jou maagholte.

Koedoebiltong- en bessieslaai met laventel en balsamiese reduksie

(ek gee hier nie die hoeveelhede nie, gebruik soveel soos jy lus het)
gemengde slaaiblare
klam koedoebiltong (vra vir jou slagter vir ‘n klam stukkie, nie die harde stukkies wat jy gewoonlik in die winkels kry nie)
aarbeie
bloubessies
frambose
fetakaas
goeie balsamiese reduksie (koop dit by enige goeie winkel)
laventelblommetjies (moet nie te veel gebruik nie)

Pak al die slaaibestanddele uit op ‘n pragtige bord. Ek pak eers die blare uit dan begin ek die res versigtig bo-op pak in dieselfde hoeveelhede. Sprinkel balsamiese reduksie oor en rond af met ‘n paar baie klein laventelblommetjies.

Comment on this Post

beesvleis wellington met #biltong

beesvleis wellington met #biltong

_beesvleis-wellington-anel-potgieter-2-800
Niks simboliseer ‘n meer luukse ete as ‘n propperse Britse Beesvleis Wellington nie. Man, daardie dik rooskleurige beesfilet wat toegevou word met ‘n lagie aardse sampioen-duxelle (sampioene wat tot ‘n pasta fyngemaak is), die soutige parmaham en dan die bros-bruin skilferkorsdeeg maak mos alles vir ‘n groot bederf. Een happie van die sappige vleis saam met ‘n lekseltjie rooiwyn jus maak my bene lammer as wat my Ier ooit sal kan. Eureka! Pa Coen wou natuurlik nooit sy lippe aan die Engelse storie sit nie, want die bitter van die Kakies het nog al die jare swaar op sy Boerehart gerus.

Die maak van tradisionele Beesvleis Wellington – die lang manier

Beesvleis Wellington is ‘n gereg wat met genoeg tyd, liefde en ‘n goeie bottel rooiwyn aangepak moet word. Span jou geliefde in om te help en saam-saam kan julle aan die Wellington én die bottel wyn werk. As julle alles nie haarfyn beplan en met presisie uitvoer nie, mors jy net ‘n peperduur stuk vleis op … so, gee dit jou alles. Ek het Gordon Ramsay se lang metode gebruik, maar het die resep wat vandag verkort.

_beesvleis-wellington-1-800
Sampioen-duxelle: Om die tradisionele duxelle te maak moet die sampioene baie fyn gekap word en hier het my voedselverwerker sy kant gebring. Maak botter baie warm in ‘n pan en braai die sampioene op hoë hitte tot die pan 100% droog is. Dit vat ‘n tydjie, maar stop vir liefie ‘n houtlepel in die hand en maak seker hy roer dit gereeld. Die resultaat is die geurigste sampioenpasta. Laat koel goed af.

Seël van beesfilet:
Na ‘n teugie wyn geur die filet met sout en peper en braai dit in ‘n baie warm pan tot bruin en geseël. So 30 sekondes aan al die kante. Dit verseker dat die sappe binne bly en geur die vleis. Laat dit heeltemal afkoel en verf dan die hele stuk filet met mosterd van jou keuse. My Ier gebruik altyd sy gunsteling mosterd – Masterfoods se warm Engels mosterd.

Die filet-bed: Stop, jy moet nou nie dink jy moet manlief én die bottel rooiwyn bed toe sleep nie! En moet ook nie dink die filet-bed is te veel moeite om te maak nie (skink maar nog ‘n glas wyn, knyp jou oë toe en druk deur), want as jy dié stap volg kry jy ‘n perfek gevormde Wellington. Plaas ‘n lang stuk kleefplastiek op ‘n plat oppervlakte en lê die snye parmaham langs mekaar in ‘n ry daarop uit. Die dun stukkies vleis moet mekaar oorvleuel en dit moet so lank soos die lengte van die filet wees. Smeer die duxelle versigtig oor die hele parmaham-oppervlakte. Plaas nou die afgekoelde stuk vleis bo-op en rol die vleis baie styf toe met die kleefplastiek. Rol die kante van die kleefplastiek toe en maak die rol so styf as wat jy kan. Plaas dit in die yskas vir 30 minute. Pssst …nou het julle ‘n tydjie om gou weg te glip kamer toe…

Skilferkorsdeeg:
Al moeg en uitasem? Byt vas. Gooi gou nog ‘n glasie wyn. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlakte en plaas die filet bo-op. Verf die kante van die deeg met water en vou mooi toe. Sny die orige stukke deeg af. Plaas die Wellington met die voukant na onder op ’n bakplaat.

Versiering en glans: Verf die hele besigheid nou met baie eiergeel. Plaas dit terug in die yskas vir sowat 15 minute sodat die deeg kan rus. Teen dié tyd moet die bottel al amper op wees. Om die Wellington nog mooier te laat lyk, sny een lang keep (moet nie heeltemal deur die deeg sny nie – trek net jou mespunt oor die deeg) in die middel af en dan snye kante toe – so 1 cm uitmekaar. Die einde is nou in sig! Vat jou verfkwas en gee vir Wellington ‘n laaste eiergeellagie. Strooi nou ‘n goeie hoeveelheid Maldon sout oor en uiteindelik is meneer reg vir die oond.

Baktyd: Bak vir 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200 °C. Draai die hitte af na 180 °C en bak nog 15-20 minute tot die kors bruin is.

Rustyd:
Bottel nommer twee is natuurlik nou al oop. Moet nie haastig wees en die Wellington onmiddellik sny nie. Laat rus vir ten minste 10-15 minute voordat jy dit sny.

My Boere Beesvleis Wellington
Kyk, ‘n mens sukkel nie sommer met ‘n klassieke resep soos dié nie, maar om Pa Coen daar bo tevrede te hou het ek besluit om dit bietjie aan te pas en die helfte van die sampioene met fyn biltong te vervang. Gesondheid Coena ek drink ʼn glasie rooiwyn op jou! Die biltong is spesiaal vir jou Boerehart.
_beesvleis-wellington-3-800
Beesvleis Wellington met biltong
Die kortpad manier
Genoeg vir 4
30 ml botter
300 g sampioene, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
blaartjies van 1 tiemietakkie
200 g biltong, fyn
750 g beesfilet
olyfolie
30 ml mosterd van jou keuse
8 snye parmaham
500 g skilferkorsdeeg
meel
2 eiergele, geklits
sout
swartpeper
Maldon Sout

Braai die sampioene, knoffel en tiemie in die botter tot gaar en heeltemal droog. Geur met ‘n bietjie sout en swartpeper. Laat afkoel. Meng die biltong deur en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 200 °C . Maak ‘n kleefvrye pan baie warm. Smeer die filet met ’n bietjie olyfolie en geur met sout en peper. Braai aan al die kante tot bruin en geseël. Omtrent 30 sekondes aan elke kant. Laat goed afkoel. Verf mosterd met ‘n kwassie oor die hele stuk vleis. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas die parmaham in die middel oor die deeg. Versprei die sampioenmengsel oor parmaham en plaas die filet bo-op. Verf die kante van die deeg met water en vou toe. Verseël en sny die oortollige deeg af. Plaas die Wellington met die voukant na onder op ’n bakplaat. Verf liggies met die geklitste eiergeel en sprinkel met Maldon sout. Bak vir 20 minute teen 200 °C. Draai die temperatuur af na 180 °C en bak vir ‘n verdere 15 minute tot goudbruin. Laat dit rus vir 10-15 minute voordat jy dit sny.

Comment on this Post

life is a dog biscuit too…

life is a dog biscuit too…

“No more are the usual dog biscuits fit for their cute palates … no mom, we want our biltong + cheese biscuits – and we want them now!”

SONY DSC
{frankie and robbie}
For those of you that don’t know me that well, I have two canine children – Robbie {Williams}; the boisterously adventurous extrovert and Frankie {Sinatra}; the more timid, introverted one.  These two heaven-sent cocker-spaniels arrived on my doorstep five years ago and have since shared my adventures in and around my kitchen. They have sniffed curiously here there and everywhere.  With their tails wagging furiously whenever something might come out of the oven or off the coals…they have been there… I like to think of them as my #1 fans…

{doggie surprise}
Just the other day I decided to bake them a little surprise – some cheese and biltong dog biscuits.   My two mischievous butternuts knew something was up when the baked aroma of the biltong and cheese wafted through the house.  Their tails were wagging backwards and forwards like overactive wind screen wipers … and the verdict … they LOVED it.

Ever since baking these delights I have had to ration them for those special occasions of exemplary behaviour.  No more are the usual dog biscuits fit for their cute palates…. No mom, we want our biltong + cheese biscuits – and we want them now!

I reckon in the culinary dog rating world, Robbie and Frankie have rated these 12 out of 10 as dog digestives go. Share these with man’s best friend….they will be you NBF’s for life.  🙂

photo

SONY DSC

 

 

biltong + cheese dog biscuits
 
Prep time
Cook time
Total time
 
Author:
Serves: 15 biscuits
Ingredients
  • 1 cup oats
  • ¼ cup olive oil
  • 1 cup boiling water
  • 1 chicken stock (stock pot)
  • 1 egg, beaten
  • ½ cup milk
  • 1 cup cheddar cheese, grated
  • ½ cup biltong, grated
  • ¾ cup maize meal
  • 2 ¾ cups cake flour
Instructions
  1. Preheat the oven to 160 °C.
  2. Dilute the stock into the boiling water and add the oats and olive oil. Let it stand for 10 minutes.
  3. Now thoroughly stir in all the other ingredients except the flour.
  4. Mix in the flour 1 cup at a time until it forms a stiff dough. Add the rest of the flour until the dough is smooth and no longer sticky. Roll out the dough to about 1 cm thickness.
  5. Cut the cookies with your cookie cutter and place on a prepared baking tray.
  6. Bake for 45 – 50 minutes until golden brown.
  7. Cool and store in an airtight container.

Comment on this Post