Tag Archives: Mikrogolf

mikrogolf-dadelballetjies met okkerneute

mikrogolf-dadelballetjies met okkerneute

Almal wat my ken weet ek verkies wyn, whiskey of kaas bo soetgoed … maar dié mikrogolf-dadelballetjies is my dood. Ma het dit altyd gemaak – ek het vandag bietjie okkerneute bygevoeg. PS: Ook lekker met konjak. 🙂

Date Balls

Mikrogolf-dadelballetjies met okkerneute
(Lewer so 60 balletjies)
500 g dadels, gekap
220 g gesoute botter
200 g Muscovado suiker (sagte donkerbruin suiker)
1 ml sout
60 ml water
100 g okkerneute, opgekap
50 g rosyntjies (opsioneel)
125 g (4 koppies) Rice Krispies
90 g klapper

In ʼn groot diep bak mikrogolf dadels, botter, suiker, sout en water oop teen 100% krag vir nege minute. Roer elke drie minute. Die mengsel sal baie botterig lyk so klop dan goed totdat die olierigheid weg is. Meng die neute, rosyntjies en Rice Krispies by en laat afkoel. Wanneer dit hanteerbaar is maak balletjies en rol in klapper. Laat heeltemal styf word.

Comment on this Post